About Us

Impala Radio Music Shop supports Independent Mucisians!


Impala Radio Music Shop belongs to Impala Internet Radio.

Impala Radio is an online Internet Radio Station that commenced on 1 July 2009.  Impala Radio is growing from strength to strength.


We decided to give Artists an opportunity to run their own 'shop' at Impala Radio Music Shop, selling their music and be in full control of the process.


PLEASE NOTE: Impala Radio Music Shop is supplying an online space to the Artist for selling his/her music online!

The Artist is in control of his/her own shop and decide independently from Impala Radio Music Shop, the price for his/her music.


Impala Radio Music Shop is RENTING OUT SPACE to the Artists at our online Music shop and we never claims ownership of any music listed on our site nor do we receive any rights from the Artist in this regard. 


Unfortunately, due to Royalties licensing agreements, Impala Radio Music Shop can only allow Artists with Master Rights on their MP3/CD/E-book to participate.

Impala Radio Music Shop never receives ownership/licenses on any Artist's music on this website.  All music rights and ownership remains with the Artists and Artists therefore remains reliable to pay third party royalties (Master / Mechanical / etc.) when / where applicable.  The Artist is the sole owner of his own Section of the shop.  Impala Radio Music Shop is only a Renting Agency, renting out a space in our Shop to Independent Sellers (Artists).

However, Artists may sell original work or covers. Impala radio Music Shop is registered at the Australian Mechanical Copyright Owners Society (AMCOS), and the necessary royalties will be paid over to AMCOS on any sale of a cover version.

The Artists are paying rent to Impala Radio Music Shop and in return we deliver the following services to the Artist:

  • List the Artist's music in the shop.

  • Conclude any purchasing transaction on behalf of the Artist and receive the money in our PayPal/E-Way account.

  • Supply the buyer/s with the necessary download link/s.

    Pay mechanical royalties over to AMCOS

  • On request from the Artist, pay all remaining monies as royalties over to the Artist.


Impala Radio Geskiedenis:

Die ontstaan van Impala Internet Radio was heel interessant.  Dit het spontaan ontwikkel sonder enige groot beplanning.  Dit was eintlik nooit die bedoeling om wêreldwyd uit te saai nie.

Nadat ons in 2004 hier in Australië kom woon het was die aanpassing vir my baie moeilik hier in die vreemde.  Ons kom van die pragtige groenlande van Natal, en daar eindig ons toe op ‘n vaal droë half-woestynagtige dorp in die Outback van Australië met die naam van Kalgoorlie.  En eendag, toe ek weer nostalgies terug verlang na Suid-Afrika, toe stel my seun (Darren) voor dat ek na ‘n paar Suid-Afrikaanse CD’s moet luister.  Dit was vir my onpersoonlik, ek wou hoor hoe iemand uitsaai en nie net na liedjies luister nie.  In ‘n grap vra ek hom toe om ‘n program te gaan soek wat dit vir hom moontlik sal maak om liedjies vanaf sy rekenaar uit te saai na die ander rekenaars in die huis.  Darren het ook gladnie op hom laat wag nie.  En kort voor lank toe saai hy heerlik uit vanaf sy kamer en ek lê heerlik in my kamer en luister.  Dit was die begin van Impala!  Darren se heel eerste uitsending na die ander rekenaars in ons huis was op Woensdag, 1 Julie 2009.  En skielik was Kalgoorlie nie meer so plat vaal droog en lelik nie!

Maar hierdie “radio” waarna ek geluister het, het toe nog nie ‘n naam gehad nie!  Ons het ‘n hele paar dae koppe gekrap om ‘n gepaste naam te kry.  Ons wou die “radio” die naam van “Springbok” gee, maar aangesien dit ‘n handelsnaam in Suid-Afrika is van ‘n baie gewilde en bekende SAUK Radio stasie (wat ongelukkig nie meer bestaan nie), het ons geweet dat ons een of ander tyd in die toekoms moontlik in hofsake betrokke kon raak aangesien dit steeds ‘n geregistreerde handelsmerk in SA is.  Hiervoor het ons beslis nie kans gesien nie.  Gelukkig is die ‘bok-familie’ mos groot en ons trek toe maar vir “Impala” nader om vir ouboet “Springbok” in te staan.   Dit was toe die geboorte van die baba-bokkie “Impala”.

Op ‘n stadium het ek en Darren besef  dat ons nie so selfsugtig moet wees nie maar Impala Radio ook met ander Suid-Afrikaners oor die wêreld moet deel.  Impala het toe heel ‘spiekeries’ ‘n Facebookblad gekry en daarna het dinge sommer vinnig begin gebeur.  Wat eers ‘n ‘huis-uitsending’ was het skielik ontaard in ‘n ‘wêreld-uitsending’.

Impala se uitsending is uniek.  Dit is hoofsaaklik gerig op die meer ‘volwasse’ luisteraar.  (Hahaha…. okay, al is dit swaar, kom ek erken: dit is gerig op ons ‘ouer’ luisteraars!) Wel, onthou, Darren het oorspronklik begin om vir MY die liedjies uit te saai so ek kon die liedjies kies.  Maar ek voel mos gladnie 'oud' nie, so ons praat maar van 'n ‘meer volwasse’ musiekkeuse. 
Dan speel  Impala Radio ook hoofsaaklik lekker op en wakker liedjies.  Onthou,  die musiekkeuse oorspronklik gespeel was om my op te beur, daarom staan Impala bekend as die “Op en Wakker Radio Stasie”.  Wat die individuele DJ’s speel is natuurlik hulle keuse, maar die Auto DJ sal altyd op en wakker wees.  Ons hou luisteraars wakker.  Nagdienswerkers en ander naguile geniet Impala baie, want hier word daar nie geslaap nie ..LOL!

Datum Van Eerste Uitsending:

Woensdag 1 Julie 2009

Die 1ste DJ:

Die eerste persoon wat uitgesaai het op Impala was Darren Jonker.  Op ‘n latere stadium het hy ‘n program gedoen met die naam van “Flashback”

Die 2de DJ:

Leon Rossouw was die tweede DJ hier op Impala, maar eintlik die eerste DJ wat van buite Australië uitgesaai het.  Leon is woonagtig in Pretoria en het vir baie lank die program “Old But Bold” aangebied op Impala.

Hoogtepunte:

Jan Booth (DJ Jannas) was die eerste DJ om lewendige uitsendings op Impala te doen.
Jan Booth was ook die eerste om lewendige buite uitsendings te doen met 3G internet verbinding.  Dit was die eerste vir Suid-Afrika.  Impala het die weg gebaan en geskiedenis gemaak met ander Internet Radio Stasies wat gevolg het.

Impala Internet Radio het op 3 September 2012 uitgesaai by die Texas Potjie Kompetisie wat jaarliks in Texas, USA gehou word.  Alhoewel die Impala DJ’s nie self in Texas was nie, is die uitsending oor Texas Potjiekos kampeerterrein herlei met behulp van hulle luidsprekerstelsel.

Gedurende November 2012 het Impala Radio ‘n ere bestuurs rol aangebied aan Lance James.  Lance James het dit goedgunstelik aanvaar.  Daardeur gee Impala Radio erkenning aan “Big Daddy – Lance James” vir sy bydrae in wat hy vir die Suid-Afrikaanse Musiek, en meer spesifiek die Country Genre gedoen het en nog steeds doen.

In Memoriam:

Jan Booth (DJ Jannas)

Op 11 Junie 2012 skryf Jan Booth (DJ Jannas) die volgende op sy Facebookblad:
“Tonight between 17h00 and 19h00 I play the last 10 songs of the ImpalaTop 20.
You can send your votes to djjannas@ymail .com or sms to 0720273823. Dj Jannas live from Mossel Bay.”

Min het ons geweet dat daardie liedjies nooit gespeel sou word nie want Jan Booth sterf later daardie dag aan ‘n hartaanval.

RIP Jan!

John Gregg

Vir langer as 15 jaar het John Gregg die program “Saturday Jukebox” aangebied op Radio Today.  John het hoofsaaklik die populêre musiek van die 40’s, 50’s en 60’s gespeel.   Dit was ‘n groot eer vir Impala Radio om vir die laaste 2 jaar, tot en met die skielike dood van John Gregg op 29 Augustus 2012, die program ook te kon uitsaai.

RIP John!

Skrywer Van Hierdie Artikel

Cris Jonker




There are no products to list in this category.