Hentie Cockeran (Assistent Bestuurder)



My naam is Hentie Cockeran.

 

Ek is 'n omroeper by Impala Radio en woon in Lindequesdrift, 'n klein boeregemeenskap in die Vaal Driehoek tussen Vanderbijlpark en Potchefstroom.

 

Gunsteling kos: Braaivleis en krummelpap met 'n lekker tamatie en uiesmoor, koffie en my vrou se tuisgebakte beskuit vroegoggend en lekker sterk tee laataand.

 

Gunsteling drankie: Coke en as ek braai so klein lemonadetjie, die Reicher, die Teicher en die Titanic (Three Ships Whiskey).

 

Gunsteling musiek: Enige musiek behalwe underground.

 

Vreugdes: My vrou Louise, kinders en kleinkinders.  Ek is nog bevoorreg om albei my ouers te hê. En dan natuurlik al ons diere, beeste bokke, perd, hoenders, honde, pappagaaie en nog vele meer en as ek nie Louise keer nie sal dit 'n dieretuin wees.

 

Ontspanning: Om rustig by die huis te wees en musiek te luister, en natuurlik om rugby te kyk.

 

Gunsteling Sport: Rugby, en ek ondersteun die Springbokke en die Cheetahs. Wen of verloor, ek bly 'n CHEETAH!!

 

Afkeure: Onregverdigheid

 

Leuse: Lewe en laat lewe

 

Ek bied die programme "Uit Ons Skatkis" en "Skoffelklanke" aan op Impala Radio.

 

Skype: hentie90

 

Sel



There are no products to list in this category.