Louise Cockeran


My naam is Louise Cockeran.


Ek woon op 'n kleinhoewe in Lindequesdrift, dit is so 30 km buite Vanderbijlpark. My gunsteling kos is braaivleis en slaaie, en natuurlik my man se lekker kerrie disse.


Die lekkerste is om saam my gesin koffie te drink in die oggend op die stoep, waar jy die voeltjies kan hoor sing en so nou en dan n skaap hoor bler.

Ek is baie lief vir diere en as Hentie my nie keer nie sal ons 'n dieretuin he.

Dan is ek ook baie lief vir naaldwerk en borduur graag met my borduurmasjien.

My vreugdes in die lewe is my man en al ons kinders en dan natuurlik ons 3 kleinkinders, een van die dae is dit 4!


Vir ontspanning hou ons daarvan om net rustig te wees by die huis en musiek te luister, en vir opwinding vat ek en Hentie die Vierwiel motorfietse en ry sommer net rond hier in ons omgewing.


Leuens stuit my teen die bors en vals mense hou ek op 'n afstand.

My leuse is "My Pa is die Koning van die Heelal"


My program op Impala Radio se naam is "Die Pad na 'n Impie se hart ..." loop deur sy maag, waar ek lekker resepte, boererate en wenke met die luisteraars deel.


There are no products to list in this category.