Cris Jonker


Hi, my naam is Cris Jonker.  Ek is mede-aanbieder van die program 'Kan Jy Nog Onthou' saam met Elmarie van der Merwe. Dan is ek ook betrokke by die 'Garage Party' op 'n Saterdag-aand.

Ons as gesin het gedurende Junie 2004 hier na Australië gekom en op Kalgoorlie gevestig. Kalgoorlie is so 600km oos van Perth en is die grootste dorp in die Outback van Wes Australië.  Toe ons in Kalgoorlie aanland en dit is net vaal en droog en plat, het ek gewonder waarom ek nou eintlik na Australië toe gekom het. Na al die jare hier in Australië wonder ek nogsteeds ....LOL! Ons het 4 jaar lank op Kalgoorlie gebly en die Outback toe verruil vir Secret Harbour, 'n kusdorp so ongeveer 55km suid van Perth. In die tussentyd het ons uitgevind dat die hawe eintlik nie meer 'n secret is nie.  Ons bly tans in Golden Bay, net langs Secret Harbour. Ons geniet die see en in die somer swem ons elke middag.

Daar is niks so lekker soos pap en wors hier in die vreemde nie, asook kerrie en rys, maar nie soos ek dit maak nie maar soos wat Desiree dit maak.

Tyd vir ontspanning is maar min maar as hierdie 'luuksheid' opduik dan luister ek graag na musiek en doen so bietjie tuinwerk - nee, nie 'n blommetuin nie, 'n groentetuin.

El glo dat mense te alle tye positief moet bly want dit verdryf die negatiewe wat so nou en dan wil inloer. Elkeen van ons het 'n spesifieke plekkie en taak hier op die aarde en daarom is my leuse: Leef en laat leef!


There are no products to list in this category.